Die speelterrein bied 'n verskeidenheid aktiwiteite vir die ontwikkeling van motoriese groot vaardighede. Daar is klim-en-klouter apparaat, skopfietse, kaskarre, stelte, trek-en-sleepwaentjies, en 'n lieflike sandput wat enige kind se droom 'n werklikheid maak.
Gebalanseerde maaltye met groente, slaai en vrugte (in seisoen) word uit 'n moderne kombuis bedien. Op die speelterrein is daar ook voorsiening gemaak vir genoegsame gesuiwerde drinkwater vir die kleuters.
Goeie sekuriteit gekoppel met 'n beheerkamer, 'n 24 uur-reaksie eenheid asook 'n voltydse wag, maak die kleuterskool baie veilig. Die skool het 16 kameras
Musiek, sang en bewegingspele speel 'n baie belangrike rol in die kinders se opvoeding en ontwikkeling. Die kleuterskool se slagorkes tree by baie geleenthede op en het elke jaar 'n A+ tot 'n A+++ by die kunswedstryd behaal as hulle deelneem. Die groot sukses van die jaarlikse skoolkonsert waar elke kleuter optree, is 'n bewys van die hoe standaard wat bereik word en elke kleuter die geleentheid kry om sy/haar talente ten volle te ontwikkel.
Oupa + Oumadag, sowel as as 'n sportdag
Spraakterapie, skoolgereedsheidstoetsing en arbeidsterapie is per afspraak beskikbaar. Ons gekwalifiseerde personeel gebruik volledige uitgewerkte leerplanne wat onder andere die volgende insluit: musiek, ritme, sangspeletjies, sang, dansies, gimnastiek, sport aktiwiteite, eenvoudige rekenaar aktiwiteite, kuns, wiskunde en nog baie meer. Die addisionele aktiwiteite is dus slegs aanvullend indien 'n kleuter in een van hierdie aktiwiteite wil spesialiseer, of vir remediƫring. Die addisionele aktiwiteite word ook deur professionele buite persone aangebied wat uitstaande werk van hoe gehalte verrig. Die kleuterskool word ook as 'n proefskool vir studente onderwys gebruik deur UNISA en die Universiteit van Pretoria.