Welkom by Monumentpark Kleuterskool

Monumentpark kleuterskool in die Ooste van Pretoria is hoofsaaklik 'n Afrikaans, Christelik georienteerde instansie wat sedert 1979 by die Onderwys Departement geregistreer is. Ons is ook by die Dept. van Sosiale Ontwikkeling geregistreer. Monumentpark kleuterskool voldoen aan al die nodige inspeksies, vereistes en standaarde vir kleuterskole volgens die Onderwys Departement.

Die sukses van Monumentpark kleuterskool word toegeskryf aan puik personeel, dekades se ondervinding en ervaring, asook 'n beproefde leerplan waarvolgens Monumentpark kleuterskool beroemdheid verwerf het vir sy hoƫ akademiese standaard.

Monumentpark kleuterskool bied die perfekte omgewing waarin elke kind die geleentheid gebied word om te ontwikkel in 'n gebalanseerde en selfversekerde kleuter met 'n positiewe selfbeeld en genoeg selfvertroue om hulle skoolloopbaan suksesvol aan te pak.